My Boetie se Boetie se Boetie se Baba

ABSA KKNK – Oudtshoorn

Weermagsaal

7-11 April 2015

Lefra Produksies bied vanjaar ‘n splinternuwe Ray en Michael Cooney-klug aan wat nog nooit vantevore in Suid-Afrika aangebied is nie, MY BOETIE SE BOETIE SE BOETIE SE BABA.  Frans Swart het die vertaling en verwerking gedoen sowel as die regie.  Die stuk spog met die room van Afrikaanse akteurs.  Marga van Rooy wat ons almal ken as “Worsie se Ma” speel die rol van Mev Poggenpoel.  Cobus Venter speel Tom en sy vrou Linda word gespeel deur Cindy SwanepoelAnder spelers is Botha Enslin (Dick), Francois van Rensburg (Harry), Ana van Achterbergh (Katerina), Dirk Vermeulen (Andreas), Duncan Johnson (Sersant Jacobs) en Phillru van Achterbergh (Boris)

Tom en Linda wil baie graag ‘n baba aanneem.  Hul laaste hekkie waaroor hulle moet kom, is ‘n persoonlike onderhoud met die maatskaplike werkster, Mev Poggenpoel.  Maar soos dit die klug behaag, sorg die twee boeties, Dick en Harry vir baie konsternasie.  Daar is gesmokkelde sigarette en brandewyn, ‘n dooie lyk. twee immigrante en nog ‘n snuffelende Polisieman.  Ideale situasies vir ‘n klug om jou te laat skater van die lag.

My Boetie se Boetie se Boetie se Baba speel by die ABSA KKNK se Weermagsaal.

  • 7 Apr (09:00);
  • 8 Apr (09:00);
  • 9 Apr (15:00);
  • 10 Apr (09:00 en 20:00);
  • 11 Apr (09:00 en 15:00)

 

Bespreek by Computicket 0861 915 8000

of volg die skakel:

http://online.computicket.com/web/event/my_boetie_se_boetie_se_boetie_se_baba/903973850/0/64041239