VERASSINGS OPTREDE: BINNELANDERS VANAAND!

 

image

 

 Bok van Blerk is vir ‘n baie spesiale rede genooi om Vrydag, 28 November 2014, ‘n verskyning te maak in Binnelanders vir ‘n verrassings-optrede in Nagskof, maar daardie rede kan ons nie nou al verklap nie!

 

Bok van Blerk

Bok van Blerk

 

Wat ons wel kan sê is dat hy Suid-Afrika weereens gaan vermaak deur die temalied van die nuwe fliek, Leading Lady , waarin hy die rol van Kobus Willemse – ‘n boer van Brandfort – vertolk, te sing.

 

Bok en sy orkes,te sien op die gewilde Suid-Afrikaanse sepie, Binnelanders

Bok en sy orkes,te sien op die gewilde Suid-Afrikaanse sepie, Binnelanders vanaand, 28 November

 

Bok is darem nie vreemd op die stel nie, want Robbie Wessels se karakter in BINNELANDERS, Kobus Marais, is goed bevriend met die sanger en akteur.

 

Bok van Blerk en Robbie Wessels

Bok van Blerk en Robbie Wessels

 

Die beste kom nog, want wanneer Bok SOUTWATER sing (geskryf deur Hunter Kennedy en Fred den Hartog), is dit nie die enigste verrassing wat op die Binnelanders in Nagskof wag nie!

 

Bok van Blerk en die Binnelanders aktrise, Brumilda van Rensburg

Bok van Blerk en die Binnelanders aktrise, Brumilda van Rensburg

 

image

Bok en Liandi du Randt op die stel van Binnelanders

 

Kyk gerus Binnelanders Vrydagaand, 28 November om 19:30 op KykNet en onthou dat Leading Lady ook vandag in teaters landwyd begin draai.

 

leading_lady_ver2

 

Volg di facebook blad: http://www.facebook.co.za/Filmleadinglady

asook volg hulle op Twitter: @filmleadinglady

 

Foto Krediet: Lili du Toit

Gepubliseer deur E.S Janse van Rensburg namens Alishia van Deventer, publiseerder vir Starburst Promotions

 

 

 

image

image

PUBLISHED BY

DK EXPRESSIONS®